Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Doppie op Malmesbury" deur MATTHEWS PHOSA
" 'n Doppie op Malmesbury" deur MATTHEWS PHOSA [boodskap #9487] Sa, 24 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
'N DOPPIE OP MALMESBURY
Matthews Phosa

Pa, staan tog stil
lat die baas jou slaan
lat ons wyn kan kry.
Hou op skeef neuk,
netnou jaag hy ons
van sy plaas af.

Dis 'n feudal system, Jakop:
Werk vir wyn tot jy bly lê -
'n doppie vir brekfis,
'n doppie vir lunch
en 'n laaste horinkie vir die bed.
Bly gekoring en hou jou bek!

Here, ek vra vir 'n jop sonder dop.

(gepos deur gloudina bouwer)
Re: " 'n Doppie op Malmesbury" deur MATTHEWS PHOSA [boodskap #9638 is 'n antwoord op boodskap #9487] Sa, 31 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
> 'N DOPPIE OP MALMESBURY
> Matthews Phosa

Gloudina
========

Ek is bly dat jy hierdie gedig gepos het. Ek het telkemale al gedreig om
'Deur die oog van 'n naald' aan te koop, maar ek kon nog nie die geld
bymekaarkry nie (Dit is waaruit dit kom niewaar nie ?). Ek het al in
Exclusive-Books gestaan en stukkies lees maar kon nie die algehele
'gevoel' van sy werk kry nie, hoe is die res ? Ek ondhou iets van 'n
'Afrikaners of Afrikaans? is nie so bad nie' uit 'n sekere verslag.

Etienne Marais
Vorige onderwerp: Muskiete Jag
Volgende onderwerp: "Wie is ek?" deur MATTHEWS PHOSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 22:01:41 MGT 2024